JOIN OUR MAILING LIST



{{item.currency}} {{pricing}}





{{item.currency}}{{pricing}} {{item.currency}} {{item.normalPrice}}



{{item.currency}} {{pricing}} - Out of Stock

Besigheidsplanne of die behoefte met hulp met besigheidsplanne is een van die vernaamste redes hoekom ek 'n webwerf met my eie naam begin het. Ek werk voltyds as Finansiële bestuurder maar kan steeds mense help met die opstel van 'n besigheidsplan.

'n Besigheidsplan se kostes wissel tussen R3,000 en R15,000 afhangend van hoeveel tyd ek daaraan sal moet spandeer. Ons sal ons laat lei deur die vereistes deur die persoon of instelling wie u gevra het om 'n besigheidsplan in te dien.

Ek glo ek kan help met die opstel van 'n goeie besigheidsplan want soos u kan sien hou ek van skryf, kan ek begrote finansiële state opstel, het ek 'n sterk bemarkings en marknavorsingsagtergrond deur my betrokkenheid met webwerwe en SEO. Ek het 20 jaar gelede die eerste keer vir 'n kliënt 'n besigheidsplan opgestel en die terugvoering wat ek van die kliënt gekry het was dat dit die beste besigheidsplan was, wat hy nog gesien het.

Die besigheidsplan moet jou besigheidsplan word. Ons sal nou saamwerk sodat ek eintlik net die raamwerk verskaf maar jy sal veral moet help met marknavorsing, die verkryging van belangrike dokumente soos voornemens briewe van kliënte.

Ons kan ekstra moeite doen met u besigheidsplan. Ons kan byvoorbeeld die besigheidsplan op sy eie webwerf publiseer. Dalk vind 'n voornemende belegger u deur middel van 'n Google soek. Ons kan die besigheidsplan netjies bind en waar nodig fotos byvoeg soos mens vind by die gepubliseerde jaarstate van groot genoteerde maatskappye. Ons wild ei besigheidsplan opstel met 'n sekere doel in gedagte. Of dit is om 'n konsessiehouer of verhuurder se goedkeuring te verky en of dit is om finansiering te bekom. Ons moet ons bes probeer dat die aansoek slaag.

Voor ek die werk aanvaar sal ek probeer vasstel of u besigheid lewensvatbaar is, of u die lening sal kan bekostig. Indien ons na een van die standaard banke toe moet gaan sal ons ook vasstel of u die nodige sekuriteit het wat in die meeste gevalle noodsaaklike voorvereistes is. Indien ek nie dink u 'n goeie kans het om te slaag nie sal ek eerder terugstaan. Ek doen besigheidsplanne vir 'n tweede inkomste en ek hou nie daarvan om te werk vir iets wat nie gaan slaag nie en net vir my geld gaan beteken.

Ek verlang 'n deposito en selfs vorderingsbetalings indien usself verantwoordelik is vir die vertaging van die afhandeling van die besigheidsplan. Ek sal u vooraf 'n tydsraamwerk gee vir die voltooiing van u besigheidsplan.

Lees gerus my blog oor hoekom ek dink ek gekwalifiseerd is om 'n goeie besigheidsplan op te stel. Hoekom besigheidsplanne.

Back Back to top