JOIN OUR MAILING LIST



{{item.currency}} {{pricing}}





{{item.currency}}{{pricing}} {{item.currency}} {{item.normalPrice}}



{{item.currency}} {{pricing}} - Out of Stock

Ek help eienaars van selfsorg vakansiehuise in Marloth Park om hul eiendom op verskeie maniere te bemark:

Mini webwerf / advertensie op www.krugerwildtuin.co.za:

Hierdie webwerf in Afrikaans oor die groter Krugerwildtuin fokus op akkommodasie binne sowel as buite die Krugerwildtuin. Die webwerf is reeds 10 jaar gelede begin en doen goed tydens Google soeke met kernwoorde soos " buite krugerwildtuin verblyf / akkommodasie ens. "

Vir 'n eenmalige fooi van 1,800 kry u 'n lewenslange mini webwerf / advertensie op die webwerf Krugerwildtuin met u direkte besprekings detail.

Die advertensie is geldig lewenslank!

Hier is die afdeling vir selfsorghuise in Marloth Park:

(Sommige advertensies skakel na hul mini webwerwe , terwyl ander skakel na hul eie webwerwe - soos verkies deur adverteerders)

Mini webwerf / advertensie op www.marlothparkproperty.co.za

Hierdie webwerf in Engels en is gefokus op eiendom in Marloth Park. Die webwerf het ontstaan vanuit die Facebook groep "Marloth Park Property Only" waarvan ek die admin persoon is.Vir 'n eenmalige R1,800 kry u 'n lewenslange mini webwerf / advertensie op die webwerf www.marlothparkproperty.co.za met u direkte besprekings detail.

Die advertensie kan ook alternatiewelik skakel na jou eie webwerf, soos verkies.

Die is geldig lewenslank!

Sien die bladsy op die webwerf www.marlothparkproperty.co.za :

Facebook bemarking

Behalwe om deur soekenjins soos Google gevind te word , word die voorgenoemde webwerwe ook aktief op Facebook deur Buddy Web Design bemark soos mense soek en vra na akkommodasie in Marloth Park. Ons Facebook groep " Marloth Park Property Only" word ook al hoe meer gewilder by die dag. Ons is streng en beperk alle advertensies en plasings tot eiendom of eiendomsdienste wat direk met Marloth Park verband hou.

Ons spandeer baie tyd per dag aanlyn en op Facebook waar ons bemarking doen en geleenthede soek. Ons kan dus namens u bemarking doen op die tyd wat mense na akkommodasie soek.

Hoekom so goedkoop?

Hierdie toerisme webwerwe is nie die enigste webwerwe wat ek bedryf nie. Daar is nog ook www.simonstad.co.za en www.helderbergvakansies.co.za  wat rondom dieselfde beginsels bedryf word. Aangesien al die werk deur myself en my vennote gedoen word sonder enige noemenswaardige oorhoofse kostes kan ons hierdie besonderse goedkoop advertensie oplossings bied. Hoe meer selfsorg huise by ons aansluit hoe beter gaan die groepe / afdelings tydens soektogte op die internet vaar.

Die gewilde webwerwe op die internet wat akkommodasie bemark teen kommissie vra 'n fooi van tussen 10 en 20% . Ons wil eienaars van selfsorg huise in Marloth Park minder afhanklik maak van hierdie kostes.

Webwerf vir jou selfsorg huis in Marloth Park

Vir 'n eenmalige fooi van R2,500 sal ons vir jou, jou eie webwerf vir jou huis in Marloth Park ontwerp. Die domein registrasie fooi is R200 en die maandelikse hosting fooie is R180. 

Hierdie fooie sluit dan die voorgenoemde advertensies op die Krugerwildtuin asook die Marlothpark webwerf in en sluit ook enige redelike veranderings in.

Saam met jou webwerf en ingesluit in die fooi kan u 'n aanlyn besprekingskalender kry. U kan selfs kredietkaartbetalings aanvaar via u webwerf.

Voorbeelde en verwysings:

Hier is van ons huidige tevrede kliënte.

 

 

Lees ook gerus 'n blog wat ek geskryf het: Bemarking van jou akkommodasie op die internet

Back Back to top