JOIN OUR MAILING LIST



{{item.currency}} {{pricing}}





{{item.currency}}{{pricing}} {{item.currency}} {{item.normalPrice}}



{{item.currency}} {{pricing}} - Out of Stock

Die gemiddelde prys wat ek vra vir 'n volledige webwerf vir 'n klein medium besigheid is R4,000. Ons gebruik die baie gebruikersvriendelike Kwikwap sagteware hiervoor. Nuwe domein registrasies kos R200. Die maandelikse hosting fooi is R165 per maand. Hierdie fooie is gekoppel aan VPI (Inflasie).

Voor ek 'n finale kwotasie gee word vasgestel wat presies van my verwag word. As jy 'n groot maatskappy is en byvoorbeeld honderde / selfs duisende produkte wil verkoop wat moet inskakel met 'n rekeningkundige voorraad program kan ek help met die heelwat duurder Sage oplossings.

Vrae wat gevrae word sluit die volgende in:

Hoeveel bladsye gaan die webwerf uit bestaan?

(Ons sagteware gee jou 'n onbeperkte aantal bladsye wat maklik self geskep kan word.) Gewoonlik skep ons die basiese raamwerk en gee jou opleiding om te leer hoe om produkte, fotos, blogs self te kan oplaai.

Hoe belangrik is Google resultate vir jou?

Ek verduidelik altyd vir my kliënte hoe werk soekenjins en wat gedoen moet word op goed te doen. Eenvoudige manier om uit te vind is om self Google soektogte te doen vir termes waarvoor jy gevind wil word. Jy sal jou kompetisie se webwerwe sien. Sien hoeveel teks verskyn op hulle webwerwe. Jy sal ten minste dieselfde moet doen maar jy moet jou eie unieke, oorspronklike teks gebruik. Hoe meer kompetiese of generies die produk is wat jy aanbied hoe meer werk sal gedoen moet word. Dit is vir my belangrik dat mense nie mislei is wanneer ons begin met die webwerf nie.

Hoeveel grafiese werk word benodig?

'n Mooi webwerf is vir almal belangrik. Hoe mooi jou webwerf is bepaal nie hoe suksesvol jy gaan wees op soekenjins nie. Daar moet 'n balans wees tussen die moeite wat in die grafiese werk, fotos en in die inhoud van jou webwerf , die teks ingaan. Kliënte is vir laasgenoemde verantwoordelik. Indien ek moet help met die teks van die webwerf sal daar apart daarvoor gekwoteer word.

Ons het honderde voorbeelde van voorafontwerpte webwerwe.  Kyk gerus op hierdie skakel daarna : Voorafontwerpte webwerwe

Laat weet ons waarvan u hou of stuur vir ons jou eie unieke ontwerp voor ons begin en ons sal jou antwoord of ons dit kan doen. Ons kan ook help met Wordpress webwerwe maar dit is nie so maklik om te bestuur soos die Kwikwap webwerwe nie en het ook nie die nuttige funksies soos die ingeboude SMS stelsel of nuusbrief / epos funksie nie. DIt gaan ook waarskynlik tussen R4,000 en R10,000 kos.

Dit is van die vrae wat ons vrae voordat ons 'n finale kwotasie gee. In sommige gevalle kan ons dalk selfs goedkoper wees indien die webwerf regtig eenvoudig gaan wees en net uit enkele bladsye bestaan en u reeds 'n netjies logo het. Ek wil sommer afslag gee nie want ek help jou ook om te registreer by Google my business (Google Maps) en Google Search Console (Webmaster Tools) sodat jy kan sien hoe Google jou webwerf sien en hoe jy vorder tydens internet soektogte. Dit neem tussen 1 en ses weke voordat Google jou webwerf indekseer en slegs die bladsye wat aan Google se kwaliteitstandaarde voldoen.

Dit is vir my regtig belangrik dat u verstaan hoe werk soekenjins. Ek vra almal om na hierdie video te kyk indien dit vir jou belangrik is.

Die proses om 'n webwerf by te kry behels dus:

  • Die teks van die webwerf
  • Die baadjie van die webwerf (Ontwerp deel)
  • Opleiding om te verstaan hoe werk soekenjins, die meting van resultate en ook registrasie by Google se gratis hulpmiddels
  • Selfs indien nodig die skep van 'n Facebook bladsy
  • Fotos
  • Opleiding sodat u self die weberf se inhoud kan opdateer en verander.

Ons kan alles binne 24 uur doen indien ons die inligting het. 'n redelike wagtydperk is 48 uur nadat ons van die inligting ontvang het. 

 

 

 

Back Back to top