JOIN OUR MAILING LIST
Blog


2018-05-22
Hoekom besigheidsplanne?


Inleiding

Ek het besluit om te fokus op besigheidsplanne omrede ek voltyds werk as ‘n finansiële bestuurder by ‘n klerefabriek in Somerset Wes. Ek het dus nie die kapasiteit om normale belasting en rekeningkundige dienste aan te bied nie. Boonop alvorens ek dit kan doen moet ek eers weer baie duur registrasie fooie betaal. Dit is egter nie vergesog dat ek in die toekoms wel weer sal registreer en rekeningdige en belasting dienste aanbied. Dit het my twee jaar geneem as ‘n finansiële bestuurder om weer my kennis op te skerp en ek wil nie graag weer my kwalifikasie as’t ware verloor nie.

Passie

Webwerwe is wel ‘n passie van my maar eintlik is my passie die opleiding en die sukses wat ‘n klein besigheidseienaar met ‘n webwerf kan behaal deur my raad te volg en van ons gebruikersvriendelike sagteware gebruik te maak.

Passie is belangrik vir enige besigheidseienaar. Hoekom doen jy wat jy wil doen? As daar nie passie is vir jou werk of besigheid nie sal jy nooit sukses behaal nie. Ek spreek dit gereeld aan wanneer ek gesels met mense wie hulle besigheid wil groei.

So vir nou is een van die hoof dienste wat ek wil bied en bemark deur middel  van hierdie webwerf besigheidsplanne.

Ervare rekenmeester

Met ‘n besigheidsplan moet mens gewoonlike begrote finansiële state en kontantvloeibegrotings opstel. Hierdie begrotings moet belastings soos belasting op toegevoegde waarde , voorlopige belasting en werknemersbelasting in ag neem.

Ek het genoeg ervaring om begrote finansiële state op te stel. Dit is lekker om ‘n finansiële model op te stel en te speel met veranderlikes en dan te sien hoe jou begrote inkomstestaat en balansstaat vorentoe verander.

Ervare bemarker, webwerfontwerper en SEO spesialis

Ander belangrike elemente van ‘n besigheidsplan is jou marknavorsing en jou bemarking. DIt is hier waar my ondervinding en kennis van webwerwe en soekenjins soos veral Google ter sprake kom. Die deursnee klein medium onderneming sukkel gewoonlik om behoorlike marknavorsing te doen. Veral as jou deel van die totale markaandeel 1% of kleiner is. Dikwels word hierdie deel van ‘n besigheidsplan bloot voltooi vir akademiese redes. Vir nuwe besighede is briewe van voornemende kliënte onontbeerlik om by jou besigheidsplan te voeg. Google tendense is maklik beskikbaar op die internet en behoort deel te vorm van enige marknavorsing. Die redenasie is dat as daar ‘n vraag na ‘n produk is sal mense daarvoor soek op Google.

Deur jou eie webwerf selfs voor die aanvang van ‘n nuwe besigheid te begin kan vir jou ‘n baie duidelike beeld gee van die vraag na ‘n sekere produk. In ‘n mate presies soos ek dit hier doen op hierdie webwerf. Byvoorbeeld: Een van die dienste wat ek dink om aan te bied is om weeklikse en maandelikse betaalstate vir besighede te druk. Ek doen tans hierdie werk vir my werkgewer. Ek kan baie maklik ‘n blog of twee publiseer op hierdie webwerf, seker maak die woord (Payroll) verskyn iewers in ‘n titel en dan kan e kook my dienste aanbieding behoorlik beskryf. Ek kan dan oor so twee , drie weke toets en sien of ek op bladsy 1 van Google verskyn vir die spesifieke diens.

Ek sal deur van Googe Console / voorheen Google Webmaster sien wat is die vraag na die tipe diens deur sien wat is die omvang die soektogte. (Beter nog kan ek dalk ‘n oproep kry van iemand wie wil hê dat ek hulle maandeliks daarmee help. EK het ruimte om so 3 klein besighede te help , niks meer op die stadium nie.)

Jou plan moet realisties wees / sin maak

Die een ding wat ek al die jare opmerk wanneer ek met mense werk wat besigheidsplanne en begrotings opstel is dat mense baie suinig is om te begroot vir advertensies en bemarking. Dit is vir my ‘n baie dom benadering as dit kom by beplanning en die uitbou van ‘n nuwe besigheid. Mens moenie advertensies beskou as ‘n vaste maandelikse uitgawe nie. Hoe meer bestee word aan advertensies hoe meer kan realisties verwag word dat jou omset sal toeneem.

DIt is dan waar my agtergrond van webwerwe en soekenjins my in staat stel om mense ook goed by te staan met die marknavorsing en bemarkingsdeel van hul besigheidsplan.

Hoe gaan ek te werk as iemand my nader vir ‘n besigheidsplan?

EK probeer dadelik bepaal of ek nie my voornemende kliënt se tyd en geld gaan mors nie.

Ek probeer vooraf bepaal of die besigheidsidee lewensvatbaar is of nie?

Indien daar aansoek om ‘n lening by ‘n bank gedoen gaan word vra ek onmiddelik of daar sekuriteit is en of die lening bekostigbaar is. Sonder die twee voorafgenoemde feite gaan ons, ons tyd mors.

Ek sê maklik nee indien ek nie in die lewensvatbaarheid van die besigheid glo nie.

Indien ek glo in die besigheid sal ek gesels en probeer uitvind watter inligting is beskikbaar om ‘n raming te doen van hoeveel tyd ek gaan spandeer met die opstel van ‘n besigheidsplan. Ek sal ‘n kwotasie stuur aan die voornemende kliënt.

Verder sal ek uitvind of die bank ‘n spesifieke formaat vereis waarin die besigheidsplan en die kontantvloei begorting opgestel moet word. Dit is makliker om in te val by die raamwerk wat die bank voorstel aangesien hulle dit gereeld gebruik.

Ek probeer dat kliënte my duidelik verstaan in die sin van wat ek gaan doen en wat ek van hulle verwag om te doen. Die besigheidseienaar moet einaarskap van die plan neem. Ek gaan nie langs hom sit wanneer hy die besigheidsplan bespreek met derde partye nie. (Derde partye soos verhuurders, banke, konsessie houers of vennote – die gewone gebruikers van besigheidsplanne)

Ek kan skryf

Laastens kan daar maklik gesien word dat ek hou van skryf en dat ek redelik vinnig kan skryf as ek weet waaroor ek skryf. Dit is natuurlik belangrik dat mens duidelik kan skryf met die opstel van 'n besigheidsplan. Veral jou uitvoerende opsomming van jou besigheidsplan moet goed geskryf wees. Dit moet die leser dwing om verder te wil lees en moet hom in die eerste paragraaf duidelik die kort van die storie vertel.

Lees ook onder my dienste. Besigheidsplanne



Comments
Add Your Comment 
   

* Name:   
* Email:    
* Comment:    
  Please calculate the following and enter the answer below: 1 x 4 + 0 = ?
Answer:
 
Please leave this box blank.
 
Back Back to top