JOIN OUR MAILING LIST
Blog


2020-06-27
SEO (Soekenjinoptimisasie) Uitdagings en oplossings


So… om julle website mooi te kry en om te help met al die info laai het nou reeds al baie tyd geneem en julle geld gekos. Nou soek ons kliente. Een van die maniere is om besigheid te kry deur organiese soeke op Google. (Organies staan teenoor Google advertensies.) Soos ek hieronder verduidelik is “Organies” nie verniet nie. Organiese resultate of opbrengste kos geld, baie geld want dit gaan jou wegneem van jou hoof besigheid waar jy self ’n spesialis is, baie jare se ondervinding naas professionele opleiding opgedoen het. Dit is hoekom jy jou fooie kan regverdig.

 

Van die uitdagings om resultate te kry:

 

Tyd

 

Die grootste problem met ons SEO projek is tyd. Ek het wel tyd maar ek nie die indiepte kennis van julle besigheid nie. Dit verg byvoorbeeld tyd om stil te staan en te werk aan website teks. Ek het ongeveer ’n jaar terug begin met ’n website vir elektriese en solar werk. Ek het byvoorbeeld ’n hele FAQ afdeling geskep en al ’n paar keer gevra dat die leemtes op die FAQ afdeling ingevul word. My kliënt is net te besig, net te persoonlik betrokke met sy besigheid om tyd aan die webwerf te spandeer wat op die langtermyn werk sal inbring.

 

Meer as een dissipline

 

’n Website wat spesialiseer in een dissipline kry beter Soekenjinresultate as ’n website wat meer as een dissipline aanbied. So byvoorbeeld het ek my eie persoonlike webwerf www.francoismarais.co.za skade aangedoen toe ek van my eie beginsel afgewyk het. Ek het reeds www.buddywebdesign.co.za gehad wat vir my website werk inbring maar ek wou weer rekenmeesterswerk inkry. Aanvanklik het ek gefokus op Sage One opleiding en het ek wel sulke werk deur Google soektogte gekry. Mettertyd het ek ’n magdom ander spesialis nis dienste ook begin noem op my webwerf. Nou kry ek nie meer navrae vir Sage One opleiding soos ek aanvanklik gekry het nie. Die inligting rondom my Sage Opleidingsdienste het begin verwater teenoor die ander dienste wat ek aanbied.

 

Maar

 

Ek kry wel werk deur byvoorbeeld my webwerf op Facebook te deel wanneer mense na rekenmeesters soek en wanneer mense sien ek kan help met rekenmeesterswerk, sien hulle sommer ek kan ook help met ’n webwerf.

 

Ek wil meer kliënte kry wie ek op ’n voortdurende basis help met beide hul boekhouding en hul webwerwe se seo. Die groot voordeel van om maandeliks betrokke te wees met ’n besigheid se boekhouding is dat jy die besigheid goed leer ken en dan in staat is om te help met die regte website teks.

 

Die grootste rede hoekom ek nie vir kliënte hul website teks kan doen nie is omrede ek eers die besigheid en hul kompetisie moet verstaan, veral die kompetisie wat betref die top spasies van bladsy 1 van Google. Dit beteken ek moet baie navorsing doen voor ek met die skryfwerk kan begin. Daar is mense wat spesialiste in die tipe werk is en dit is nooit goedkoop nie. Niks wat goed gedoen word en die resultate kry is goedkoop nie.

 

Ek gaan wel hierdie uitdaging probeer die hoof bied deur wel die diens aan te bied teen aanvaarbare tariewe. Daar is groot maatskappye met die regte beeld daarbuite wat presies dit doen. Hulle kliënte is gewoonlik groter korporatiewe kliënte terwyl my kliënte normaalweg die kleiner tipe kliënt is.

 

Ander eenvoudiger goedkoper oplossings

 

Die ander eenvoudiger oplossing is bloot om wel bietjie van jou duur en kosbare tyd af te staan en wel te probeer om jou eie website teks te skryf en my te vra om by te las en om die spelling en taalgebruik te verbeter. Dan moet ons die webwerwe by Google search console registreer en byvoorbeeld een keer ‘n maand te kyk na die resultate wat verduidelik wat werk en wat werk nie sodat mens jou tyd daarby kan aanpas. Tyd om te gaan sit en meer te skryf oor ‘n sekere onderwerp.



Comments
Add Your Comment 
   

* Name:   
* Email:    
* Comment:    
  Please calculate the following and enter the answer below: 1 x 4 + 4 = ?
Answer:
 
Please leave this box blank.
 
Back Back to top