JOIN OUR MAILING LIST
Blog


2018-07-04
VOORLOPIGE BELASTING 2019


VOORLOPIGE BELASTING 2019

Voorlopige belasting betalers verdien ander inkomste as ‘n gewone salaris / vergoeding.  Indien u inkomste verdien soos huur inkomste van eiendom, rente op beleggings of ander inkomste van handel, is u ‘n voorlopige belasting betaler, self al verdien u ook ‘n salaris. 

Indien u slegs ‘n salaris verdien, is u ‘n gewone inkomste belasting betaler en hoef u nie voorlopige belasting opgawes in te dien nie. 

 

Alle Maatskappye, Beslote Korporasies en Trusts is voorlopige belasting betalers.

 

 

Die eerste voorlopige betaling dek die periode vanaf  01 Maart 2018 tot 31 Augustus 2018 (eerste 6 maande van die finansiële jaar).   Ons benodig die volgende inligting ten einde te bepaal wat u eerste voorlopige belasting betaling vir 2019 belasting jaar moet wees:

 

Beleggings inkomste (01 Maart 2018 tot 30 Junie 2018)

  • Rente verdien
  • Belasbare buitelandse dividend verdien
  • REIT verdien
  • Kapitaalwins/(verlies) – Verkoop van bates

 

Besigheids inkomste

  • Proefbalans vanaf 01 Maart 2018 tot 30 Junie 2018

 



Comments
Add Your Comment 
   

* Name:   
* Email:    
* Comment:    
  Please calculate the following and enter the answer below: 1 x 4 + 3 = ?
Answer:
 
Please leave this box blank.
 
Back Back to top